MANDI EN ANTON BOUWER SE WEBBLAD
Welkom by ons webruimte.
Dankie dat julle kom inloer het.
|
|
|
|
||
Ons is burgers van die WesKaap en woon in Yzerfontein aan die pragtige Weskus. Aangesien ons tot baie onlangs vir 3 jaar in Europa gewoon het is die webblad meestal gewy aan ons ervaringe "daar oorkant". Ons beplan om in die toekoms die blad meer eg Afrikaans aan te bied!
Ons het vanaf Okt 2000 tot Jul 2002
in Tervuren, Brussels
België gewoon. (Click hier as julle ’n kaart van EUROPA wil sien)
Voor Brussels het ons vir 9
maande in Budapest,
Hongarye gewoon. Gaan loer gerus na ons foto album om te sien wat ons alles
daar gedoen het en hoe dit daar gelyk het.
|
|
|
|
EXTRA'S |
NUUSFLITSE!!!!!! |
|
|
Kyk hoeveel en watter lande ons reeds besoek
het. Ons staan tans op 42 lande! Click op die TOERE
TELLER Ons Videos Ons Foto Album Vinnige besoek aan SA & ons nuwe huis Nuutste Goud
Prys |
21/08/02: Nou-ja, 2 maande later en ons is terug in
die pragtige Kaap. Gedurende die 2 maande het ons vir oulaas (hopenlik)
vreeslik getoer. Ons was eers deur Skandanawie tot aan die noordste punt van
Europa, Nordkapp. ’n Onbeskryflike
ervaring, sekerlik ons beste toer in Europa. Die natuurskoon daarbo is die
moeite werd om voor terug te gaan. Die afstand van Brussels was egter dodelik
en ons moes 8000km in 10 dae aflê!! Ons nagte is gewoonlik in die kar
deurgebring terwyl een ry en die ander een slaap. Die toer was so vol
gebeurtenisse, te veel om hier op te noem. Die hoogtepunte was egter: 1.
Vertrek 17 Junie uit Brussels en ry aaneen regdeur Belgïe, Duitsland,
Denemarke, Swede tot in Finland voor ons eerste stop 2 dae later. 2.
In Lapland, Finland sien ons eerstehands die land se ski jumpers in
aksie (die ouens wat van die vreeslik hoë ramps af spring met hul skis). ’n
Droom van Anton bewaarheid! 3.
Van hier beleef ons die Middernag Son. Die son
gaan nooit onder nie en ons staan gereeld op in die nag om seker te maak
hulle lieg nie. Wel, hulle lieg nie... 4.
Ons stap 3km in ’n Finse natuurpark en maak ’n heerlike vuurtjie in ’n
hut, alles verniet vir enige iemand wat verbykom. Ons kon daar oornag as ons
wou. 5.
Ons kruis die Arctic Circle (ongeveer 66°) net buite Rovaniemi, Lapland en hier ontmoet ons
die egte Vader Kersfees. ’n Droom van Mandi verwesenlik! Mandi reken hy het
die sagste oë en grootste hande. 6.
Ons bereik Nordkapp en stap 18km, met die honde op die rug, om die
mees noordelike punt te bereik, ongeveer 77,11°. Ons was uiters moeg maar dit
bly ’n een maal in ’n leeftyd ervaring. 7.
Die laaste dag voor ons vertrek speel ons, soos kinders net in ons
onderklere, in die sneeu in die berge. 8.
Nog 2 dae verder stop ons 3 uur die oggend weer in Brussels, 8000km
later. So ’n toer behoort genoeg te wees vir enige normale
2 maande maar ons het al vergeet hoe normaal lyk. Hier is ons normaal: 1.
Na ons die honde op die vliegtuig gelaai het is ons vir 5 dae na
Engeland waar ons gaan afskeid neem het van Ritsema en Elaine. ’n Heerlike
kuier waar ons Stone Henge, Cambridge, Oxford
en vele ander besienswaardighede besoek het. 2.
Van hier het ons terug gevlieg na Johannesburg waarna ons vir ’n week
by pa Attie en tannie Rina in Brits gaan kuier het. 3.
Met Attie se Venture is ons toe af Natalse kus toe waar ons by pa Koos
en ma Wilma gaan kuier het. 4.
Nog ’n week later is ons na Lesotho waar ons vir Ina en Gert gaan
hello sê het. 5.
’n Paar dae later is ons uiteindelik in die Kaap Was dit maar die einde dan kon mens nog sê dat dit
erg was maar oorleefbaar. Oppad na die Kaap het ons egter weer kontak gehad
met ’n ou vriend, Andre Nel. Die wou al lankal hê Anton moet ’n oudit vir hom
doen in Zambië waar hy vir ’n myn werk. Om dit te bewerkstellig moes Anton
toe onmiddelik begin werk by Old Mutual sodat ons 2 weke later kon vlieg
Zambië toe, vir 2 weke! Die eerste week werk Anton toe en die tweede week
toer ons met 4x4’s deur die South
Luangwa National Park. ’n Wonderlike ervaring, ons het regte “Camel
Trophy” 4x4 roetes gery af teen die escarpment, deur riviere, kampeer tussen
olifante, hyenas, seekoeie, krokodille ens... Ons is sommer dadelik weer
ingeburger in Afrika! Laastens, ter interessantheid, toe ons Zambië
binnegaan, tel ons toe dat dit die 42ste land is wat ons binnegaan! Ons is
besonder geseënd en dankbaar vir die voorreg wat ons te beurt geval het. 11/06/2002: AANDAG:-
Die Bouwers is oppad huistoe!!! Na vele redenasies en plan veranderings het
ons toe uiteindelik vir Suid Afrika en teen die Midde Ooste gekies. Anton
gaan by Old Mutual in die Kaap werk
en Mandi gaan weer praktiseer. Ongelooflik maar waar, ons buitelandse
ervaring is vir eers byna verby. Ons trek al Vrydag 14 Junie maar gaan eers
’n toer deur Swede en Noorwee deurwerk. Ons beplan om die Noorse Arctic circle binne te
dring en so ver noord as moontlik te ry! As alles volgens plan verloop gaan
ons daarna vir ’n paar dae by die De Ridders in London kuier en 2 Julie na SA
vlieg. Ons is werklik opgewonde om weer “residents” te word en ons eie
kultuur te beleef. Ons is egter opreg dankbaar vir die tyd hier in Europa.
Dit was ’n fantastiese ervaring en ons weet ons gaan baie dinge hier geweldig
mis. Die lewe van ’n “expat” het egter ’n aantal nadele en ons kan nie wag om
weer rugby, braaivleis, koeksisters, meat pies, cream soda, biltong, kreef,
sonskyn......... en al die ander heerlike Afrikaanse dinge te geniet nie. Gedurende die laaste maand was ons weer in Turkye en
Portugal en ons het dit opgeslurp omdat ons geweet het die rond reise is byna
op ’n einde. In Istanbul het ons heerlik tyd gehad om die mark te verken en
’n eiland te besoek. In Lisabon het ons weer in dieselfde hotel as voorheen
gebly en heerlik hand aan hand die aand deur die strate gestap. Mandi verjaar
more, 12 Junie, so moenie vergeet om gelukwense te stuur nie. Die geskenke
moet julle egter hou tot ons julle binnekort in SA sien! Vir oulaas so iets
Europees – click op sy naam en luister gerus na een van ons gunsteling
kunstenaars van België, Jacques
Brel. Nou-ja soos die Hongare sal sê Kosonom sepan, Viszonlatasra en die
Walloniers Merci, Au Revoir en die Flaaminge Zeer bedankt, Dag, sê ons Baie
dankie en Totsiens aan die vriendelike Europeers wat ons toegelaat het om ’n
besondere 3 jaar op hul kontinent te kon deurbring. Aan die Suid Afrikaners
wil ons net sê “Watch out, the Bouwers are back in town!”. Aangesien ons
minder bereikbaar sal wees gedurende Junie en Julie moet julle ons asseblief
op die volgende nommers kontak indien ons dringend bereik moet word: +32474632896 in Europa en
0823492358 in SA. Laaste maar nie die minste, baie dankie vir almal wat
gereeld ons website besoek het en boodskappe gestuur het. Julle het
waarskynlik geen idee hoe ons dit waardeer het om kontak met “ons mense” te
gehad het nie. Ons het ook nuwe, interessante idees vir die website wanneer
ons terug is in SA so moenie ophou besoek nie. Wie weet, binnekort verkoop
ons dalk kreef en perlemoen en ander Weskus lekkernye hier! 24/05/2002:
Nog ’n maand sedert ons laas die blad opgedateer het. Intussen het ons
heerlik in Ierland gekuier en die land letterlik dwarsdeur gery in ’n naweek!
Ons het selfs een aand op die Aran eilande geslaap en dit was ’n heerlike
ervaring. Luister gerus na hierdie tipiese Ierse liedjie “A night to Aran Island”.
Dit klink asof dit spesiaal vir ons geskryf is. Ons het saam met Elaine en
Ritzema getoer en dit toe so lekker gevind dat ons ’n volgende kuier beplan
het. Kort daarna is die 2 toe vir 10 dae by ons in
Brussels en het ons saam na Disneyland
Paris gegaan. Ons het soos kinders al die ‘rides’ gedoen en sekere rides
selfs 4 keer! Mandi en die gaste het die ander dae België weer plat getoer en
al die mooi dorpies besoek. Anton was weer na Skandanavïe vir werk. Wel, ons toekoms planne is al duideliker. Anton het
amptelik bedank en amptelik is ons oppad na Abu
Dhabi in die United Arab Emirates (UAE). Ons voorsien dus ’n WARM toekoms
vir die gesinnetjie. Dit is naby Dubai so die
“shoppers” kan Mandi kom opsoek vir advies. Laastens moet ons egter noem dat
daar tog nog gesprek gevoer word met ’n maatskappy in Suid Afrika. Gelukkig
weet ons dat ons pad beplan is en is ons nie bekommerd nie. Waarheen ookal,
ons sien uit daarna! Anton gaan nie werk in Junie nie en dus gaan hy moet
help trek. Dit sal ’n nuwe ervaring wees vir hom, gewoonlik kruip hy by die
werk weg en laat Mandi die harde werk doen! 9/04/2002: Gedurende Februarie en Maart was ons meer
as gewoonlik by die huis maar het darem ’n paar heerlike toere agter die rug.
Die grootste van almal was ons besoek aan Italie. Ons was nog nie saam daar
nie alhoewel Mandi dit jare gelede besoek het. Ons het eers vir 3 dae in Lorica gaan bly. ’n
Klein plekkie in die suide van die land langs ’n meer. Heerlik gerus en net
vrot gewees. Die winkels maak net oop as iemand aan die deure gaan klop of as
’n buurman kom kuier! Ongelukkig moes Anton ’n seminaar aanbied in Brussels
die Woensdag en moes ons terug ry Rome toe. Hy is toe die oggend op die
vliegtuig en die aand weer terug. Ons bly toe sommer in Rome en Mandi
besigtig die pragtige ou stad met sy wonderlike museums en beelde en kapelle
en Colosseum
ens. Nadat ons toe weer verenig is laat die aand is ons die volgende dag na Pissa. Wat
’n ervaring om die skewe gebou van naby te sien. Dit was vir ons ’n
hoogtepunt! Terug in Rome die volgende dag gaan besoek Mandi toe weer saam
met Anton die Sistine
chapel met al Michaelangelo en Rapheal se fantastiese kunswerke teen die
mure en dak. Dit het beslis aan ons verwagtinge voldoen. Sondag is die heerlike week ongelukkig verby en
Anton vlieg van Rome na Budapest en Mandi van Rome na Brussels. Gelukkig het
Anton die keer ’n visa gehad en is hy nie weer gedeporteer nie. Mandi het in
Brussels ons vriende, Thinus & Ansie, gaan afsien. Hulle is gelukkig genoeg
om terug te gaan na wonderlike ou SA. Ons is skoon jaloers! Laastens, maar nie die minste nie, ons lewens gaan
alweer ’n nuwe wending binne. Ons het ’n aanbod gekry van maatskappye in
beide die Midde Ooste en Suid-Afrika en ons sal hoogs waarskynlik einde Mei
in ’n ander land wees. Dinge is in die onderhandelings fase maar ons sal laat
weet sodra finale besluite geneem is. Ons gaan ook volgende week na
Manchester, UK. Waar Anton gaan
praat en daarna gaan ons ’n paar dae in Ierland deurbring. Letterlik een
van die laaste lande in Europa wat ons nog nie besoek het nie. 13/02/2002: Ons het sopas terugekeer van ’n
fantastiese week op ’n eiland, Mnemba, naby Zanzibar. Dit was soos ’n regte
privaat eiland, maksimum 20 mense op ’n slag op die eiland met kelners wat
ons heeltemal bederf het. Ons het gebrand in die son dat die velle nou nog
waai. Verder het ons heerlike 3 gang maaltye 3 keer ’n dag gekry en 2 keer ’n
dag met ’n boot uit gegaan om te snorkel. Die visse en koraal riwwe was
pragtig. Ons het dolfyne gesien en selfs aanskou hoe ’n skilpad kom eiers le
op die strand! Om ons heerlike huis het 2 bokkies (Suni’s) elke oggend
gespeel. As dit soos ’n paradys klink dan is dit omtrent reg! Tanzania (Dar
Es Salaam) en Zanzibar was ook baie interessant. Alle goeie dinge kom egter op ’n einde en soos ons
lewe nou maar is, het ons vanoggend na Budapest gevlieg waar Anton moet praat
by ’n kongres. Net daar met die aankoms eindig die eiland atmosfeer met ’n
groot slag. Hongarye het op 1 Jan 2002 besluit Suid Afrikaners het nou visas
nodig en ons mag nie die land binnegaan sonder die nodige visas nie. Die
visas kan slegs in Brussels gekry word en ja, sowaar, daar word ons
gedeporteer! Nou ken julle ook mense wat al gedeporteer was.... Ons is nou
weer terug in Brussels en sal nou more oggend kyk of ons ’n visa vir Anton
kan kry en dan probeer hy maar weer om 16h00 in Budapest te wees vir die
praatjie. Gelukkig kry hierdie dinge ons nie meer onder nie, ons het maar
lekker in die lughawe gesit en lag terwyl ons wag op ons terug vlug. Mandi
het net een keer genoem dat haar ‘moer nou gestrip het’ maar verder is sy OK.
Minstens kon ons die honde 2 dae vroeer kry en nou is die gesinnetjie weer
heel lekker aan die kuier. 31/1/2002: Ons het die nuwe jaar met ’n groot gejuig
binne gestorm en is alweer so besig soos altyd. Mandi het intussen vinnig
Suid Afrika besoek om haar ma by te staan. Ma Wilma het ’n galblaas operasie
ondergaan maar is tans besig om goed aan te sterk. Anton was in Dubai en Abu
Dhabi en daarna na Noorweë en Denemarke gedurende Januarie. Gedurende
Januarie alleen het ons tussen ons twee 13 aparte vlugte deurgewerk. Ons
begin al wegkruip as ons ’n vliegtuig sien of hoor, dalk wil hy ons kom
oplaai! Ons vlieg 2 Feb na ’n eiland naby Zanzibar vir ’n week vakansie. Die
eiland se naam is Mnemba
en ons kan nie wag vir die lekker bederf nie. Wanneer ons terug kom gaan ons
vir ’n paar dae na Budapest en daarna na Riyadh in Saudi Arabië. Ons hoop om
vir Mandi ook ’n uitnodiging te kry om die land te besoek. Sy behoort oulik
te lyk in ’n Moslem rok! Vir die wat belangstel, Internet Explorer 6 is nou
verniet beskikbaar. Klik hier
om dit af te laai. 24/12/2001: Geseende Kersfees en voorspoedige
nuwejaar aan almal! Intussen was ons weer in Suid Afrika, Denemarke en
Switzerland, almal heerlik veral die wonderlike son in SA en die heerlike
krewe wat ons daar geeet het. Ons is op die oomblik bevoorreg om ’n spierwit
feestyd te beleef hier in Brussels. Dit het so 2 dae terug goed gesneeu en
ons het heerlik in die sneeu gaan stap en selfs ons eie slee gemaak en in die
agterplaas gespeel. Ons geniet dit terdee en dit maak op vir die feit dat ons
nie in pragtige SA en by ons familie kan wees gedurende die tyd. Gaan kyk
gerus na ons videos oor
die sneeu hier by ons en ons slee pret. Ons hoop julle kan so ook ’n
smakie van ’n regte egte wit Kersfees beleef 10/11/2001: Ongelooflik maar Oktober en November het
byna alweer verby gesnel! Gedurende hierdie tyd het ons Budapest, Kopenhagen
(alweer), Athene, Madrid en Israel besoek. Dit was ons eerste besoek aan Griekeland
en was heerlik. Mandi het selfs ’n eiland besoek! Madrid was
ook lekker al was dit net een dag. Ons het die motor
bom gelukkig met een dag gemis! Anton het in Israel op ’n konferensie
gepraat en gelukkig was daar geen sekuriteits probleme nie. Hy het byna nie
gevlieg nie met Sabena se bankrotskap. Hy was letterlik die heel laaste
Sabene passasier deur paspoort kontrole. Ons sal die vliegtuig kaartjie hou
as aandenking! Ons het ’n wonderlike meevallertjie gekry. Ons vlieg
oormore na Suid Afrika vir ’n mengsel van werk en vakansie!! Ons kan nie wag om
die plek weer te beleef nie. Vandag gaan ons eers Springbokke teen Frankryk
kyk in Parys, Stade de France.
Bokke bo!! (Hoop ons). 30/08/2001: Die maand van Augustus het weer heelwat
dinge opgelewer! Nadat ons kuiergaste weg is het ons die volgende dag na
Geneva gevlieg waar Anton vir 5 dae lank gewerk het. Ons het in ’n hotel naby
die lughawe gebly en gereeld die stad met sy pragtige meer besoek. Die
Jet D’Eau, die hoogste fontein in Europa, is werklik indrukwekkend. Mandi
het die ou stad en Johannes Calvyn se verlede nagespoor. Mandi het ook ’n
pragtige kaas fondue stel gekoop en ons het heerlik Switserse fondue gehou toe
ons terug is in Brussels. Terug van Switserland het Anton ’n dag of wat later
na Oslo in Noorweë gevlieg vir werk. Mandi was nie saam nie en het ingehaal
op al die take by die huis. Na Oslo het die gesin (ja die honde ook), 3 dae
later in die motor geklim en “een heel prettige reis” (soos die Flaame sal
sê), aangepak. Ons het meer as 6000km afgelê vanaf Brussels na Nice, Cannes
en Marseilles in die suide van Frankryk met al sy naak strande, daarna na
Barcelona aan die oos kus van Spanje, deur Madrid en sentraal Spanje, deur
sentraal Portugal tot in Lisabon. Hier het Anton gewerk en ons het met honde
en al in ’n heerlike 5 ster hotel tuisgegaan. Die terugkeer het deur die
noorde van Spanje, die weste van Frankryk (wynlande) gegaan en ons het 26 uur
aanmekaar gery. Na alles wen Spanje ons stem vir die lekkerste land alhoewel
Frankryk steeds die mooiste bly. Lisabon is ’n baie interessante stad met die
’n asemrowende brug maar Portugal oor die algemeen het ’n minder vriendelike
atmosfeer. Baie harde ry, baie interessante tyd, baie leersame toer maar
veral ’n vreeslik UITMUNTENDE ervaring! Nog was dit het einde niet. Ons het die Sondag
oggend 5:30 in Brussels aangeland, gaan slaap en 19:00 het Anton weer na
Copenhagen gevlieg. Nou is almal weer by die huis vir 3 dae. Saterdag vlieg
ons albei na Budapest waar Anton gaan werk en Mandi haar ou vriende gaan
besoek! Mandi se visa is goedgekeur en ons sien baie uit daarna! 03/08/2001: Ons kuier nog heerlik met Attie &
Annette. Attie het vir Mandi ’n fiets gekoop en almal is lekker opgewonde.
Anton het in London gewerk en al 4 is per motor na die groot stad, in ’n
trein onder deur die see! Ons het in ’n lekker apartment naby Tower Bridge
gebly. Verbasend genoeg almal baie beindruk met London. Regtig ’n lekker en
pragtige stad. Die res van England is totaal en al anders. Die kuier gaste
vertrek die naweek en ons gaan volgende week na Geneva, Switzerland om
opleiding te gee. Ons is alweer besig om met die Belgiese owerhede te sukkel.
Mandi het ‘n nuwe visum nodig en hulle weier. Dit is werklik die moeilikste
land waarin ons nog in gewoon het. Ons indruk van Belgiese burokrasie is
besig om daagliks te daal. Selfs in Suid Afrika kry jy iets vinniger gedoen!
In elk geval, ons eerste videos is beskikbaar op die webblad!! Kyk gerus en
laat weet as dit moeilik is om te sien of te groot is om af te laai of so
iets. 18/07/2001: Ons het sopas ’n geweldige besige 2
maande agter die rug. Ons het ver en wyd rond getoer met werk en so paar
kuier naweke tussenin. Hier is ’n opsomming van ons ervaringe: ·
Vroeg Junie is ons na Helsinki, Finland waar Anton opleiding gedoen
het. Finland is ’n mooi plek met baie hoë lewensstandaarde. Van hier is ons
per trein na St. Petersburg vir 3
dae van “White Nights”, heerlik behalwe Anton se paspoort wat soek geraak
het. Nie iets wat jy graag wil oorkom in Rusland nie! Gelukkig het alles op
die einde goed afgeloop en het ons Rusland weer baie geniet. ·
Met slegs een dag tussenin is ons terug na Brussels en die volgende
oggend weer na Denemarke na ’n dorpie met die naam Skodborg. Anton het by ’n
seminaar van Deloitte & Touche gaan praat. Ons het in ’n heerlike spa
gebly en lekker die lywe maseer in die warm water. ·
Terug van Skodborg het ons 2 dae in Brussels gehad en toe vlieg ons
weer na Dubai waar Anton opleiding gegee het vir 10 dae. Mandi het Dubai se
hitte gate uit geniet en sy is lekker bruin. Ons hotel was uitstaande,
ons het in ’n executive suite gebly en is soos royalty behandel. Die pryse
was weer laag soos in Suid Afrika en die geld het ongelukkig weer gevloei.
Anton het weer ’n digitale video kamera gekry so nou sal ons weer nuwe fotos
en selfs klein videos plaas (sien die kamera).
Ons het ook in die woestyn gery met 4x4’s. ·
Na Dubai is ons 1 dag later na Parys vir 3 dae waar Anton by die ISACA konferensie gepraat het. Parys was
aangenaam en ons het ’n ou vriend uit SA daar raakgeloop, Rodney Smith. Mandi
het op die 12e Junie hier verjaar en is die aand saam met die
konferensie na ’n outydse karnaval en het heerlik in Franse styl geëet en
gedrink. ·
Terug van Parys het ons ’n week by die huis gehad en toe vir 4 dae na Edinburgh, Skotland
gevlieg. Dit was net vakansie! Na ons die pragtige stad deurkruis het was
daar nog 2 dae oor en ons kan mos nie stil sit nie. Ons huur toe ’n motor en
ry na Loch Ness (amper die monster gesien),
Inverness en toe
sommer aan tot heel bo in die noorde van Skotland (John O’Groats). Ons moes
deurnag ry en in die kar slaap maar dit was ’n fantastiese kuier. Die noorde
van Skotland is werklik van die mooiste plekke wat ons nog besoek het. (Kaart van Skotland). ·
Ons was weer net terug van Skotland toe is ons weer na Parys vir ’n
werks vergadering. Die nag het ons tot 3 uur in die Champs Elyseès gedrentel, heel romanties. ·
Met ons terugkoms in Brussels het vriende van SA, Elsabe en Neil, kom
kuier vir 10 dae. Gedurende die tyd het ons die Mosel
rivier in Duitsland besoek en heerlik op die rivier gevaar, vuurwerke aanskou
en lekker gekuier. ·
Twee dae voor Neil & Elsabe ons verlaat het moes Anton na Tel
Aviv, Israel vlieg om daar konsultasie te gaan doen. Mandi het gevolg net na
die gaste weg is. Ons het die naweek na Jerusalem gegaan en in die voetspore
van Jesus geloop! Wat ’n voorreg, ons is werklik bly ons kon dit meemaak. Ons
het ook Old Jaffa
besoek en in die strande van Tel Aviv besoek. Ons het geswem maar na 5 minute
in die water het ’n jellievis ons besoek en gebrand. Arme Mandi het nog
steeds ’n rooi kol op die binneboud. Ons kuier in Israel was werklik heerlik
vir ons. Nou-ja al die goed in 40 dae! Op die oomblik kuier
Attie, Anton se pa en sy pa se suster, Annette by ons. Mandi is weer toergids
en ons maak planne om oor naweke Europa plat te loop! 24/04/2001: Ons het verlede week heerlik gekuier met
gaste. Eers Elaine en Ritzema wat tans in Engeland woon en daarna Elna en
Marius, ons ou bure van die Kaap. Dit was regtig lekker om hulle hier te he
en ons het Belgie plat gery. Ons was by Keukenhof
vir die jaarlikse Hollandse blommeskou waar tulpe en ander blomme te sien is
net waar jy kyk. Ons vertrek more na Birmingham in Engeland waar Anton
opleiding gee en vandaar gaan ons vinnig by Elaine en Ritzema inloer. Ons is
egter bekommerd oor ou Snoekie wat ’n abses op haar boud het. Sy word more
ge-opereer en dan sal hulle vasstel of dit kwaadaardig is of nie. Ons bid dat
die brawe ou hondjie gesond sal word. 15/04/2001: Ons is weer almal bymekaar in Brussels.
Heerlik gekuier in Suid Afrika, baie dankie almal! Mandi het ’n paar dae
langer gebly terwyl Anton training gedoen het in Riyadh, Saudi Arabia. Vreeslike
interessante plek. In die middel van die woestyn maar ’n grote stad met byna
4 miljoen inwoners. Die arabiere dra werklik rokke en die vrouens het werklik
geen regte nie. Dit is baie warm (60 grade in die somer) maar alles is
lugverkoel. Die hele dag word gereel rondom die “prayer breaks” wat 5 keer ’n
dag plaasvind. Die goud en hout meubels is baie goedkoop en Mandi se
verjaardag persent het vroeg gekom die jaar! Anton het selfs “chop-chop
square” besoek waar publieke teregstellings plaasvind. Gelukkig was daar geen
ge-choppery toe hy daar was nie! 22/03/2001: Ons maak alweer gereed om more lieflike
SA te besoek! Anton werk in Jhb en Mandi gaan kuier in Natal by haar ouers.
Daarna gaan ons vir 4 dae Kaap toe om op die plaas te rus en kreef te eet! Ongelukkig
moet ons weer 4 April terug wees sodat Anton in Riyadh, Saudi Arabia kan gaan
opleiding gee. 15/03/2001: Ons het die afgelope tyd redelik baie
rond gereis en was in Beirut, Praag en verskeie Belgiese stede. Op Anton se
verjaardag het ons na Gent gegaan waar hy by die universiteit gepraat het en
daarna het Mandi hom bederf met die mees romantiese ete in ’n restaurant op
’n egte ou Europese plein. Dit is ’n juweel van ’n dorp, ons sal beslis weer
daar gaan kuier. 5/03/2001: Ons webblad is verskuif na www.christianwebhost.com. Ons
hoop dat die diens beter sal wees en dat ons blad weer gereeld opgedateer sal
word. 01/09/2000: Ons het ’n werksaanbod aangeneem in
Brussels, Belgie by ’n sagteware maatskappy ACL Europe ( www.acl.com ). Hulle verskaf sagteware aan
ouditeure en Anton gaan die Professional Services afdeling bestuur. Ons gaan
ou Budapest baie mis maar sien uit na die nuwe lewe in Wes-Europa. 16/8/2000: Budapest vier die naweek hul millenium
bestaansjaar. Groot vuurwerke en straat feeste! Ons gaan Vrydag en Saterdag
na Weene en sal Sondag (20/8) aan die groot Budapest fees kom deelneem. 14/8/2000: Mandi het infeksie opgedoen en was vir 2
dae opgeneem in die Szent Janos Korhaz (hospitaal). Die arme vrou, niemand
kon haar verstaan nie en sy het ‘n rowwe tyd deurgegaan. Sy is nou beter maar
vat dit kalm, enige iets om nie weer na hierdie hospitaal hoef terug te gaan
nie! 5/8/2000: Ons het ‘n heerlike tyd in Bratislava deur
gebring. Die hotel was besonder mooi en die ou-dorp klein maar uitstaande
mooi. Beslis ‘n totaal on-ontdekte juweel. Die winkels is ook weer goedkoop,
‘n wonderlike ervaring na ons duur besoeke vroeer die maand. 30/7/2000: Ons was die naweek in Brussels in Belgie.
Dit is ‘n baie groot en ontwikkelde stad. Die kos is heerlik en ons het
hopeloos te veel geeet! Die pryse is egter alweer skokkend en ons betaal R25
vir ‘n bier. Ons vertrek Woensdag na Bratislava, Slovakia om opleiding daar
te gaan gee. 04/7/2000: Ons moeder, Maggie, is vanmiddag oorlede.
Besoek asseblief Ons onthou ou Maggie en laat ‘n
boodskap om haar te onthou. 28/6/2000: Ons was vir 4 dae in Denemarke by ‘n kongres
in ‘n dorpie met die naam Helsingor. Weereens ‘n lieflike ondervinding, ‘n
pragtige hotel teen die see en met ‘n ferry ‘n besoek aan Swede ook! 15/6/2000: Ons het ‘n besondere week in Moskou
deurgebring en Mandi se verjaardag op 12 Junie op die Rooi Plein met ‘n
bottel sjampanje gevier. Ons voete is deurgestap maar die ondervinding was
heerlik. Moskou is besonder groot en sal weer moet gaan besoek om al die
plekke beter te leer ken! 30/5/2000: Ons het plek bespreek in Moskow van 8 tot
14 Junie! In die proses ‘n baie goeie website ondek waar julle hotelle kan
bespreek. Kyk gerus by http://www.hotelscentral.com/ - heelwat
specials as julle Europa beplan!! 23/5/2000: Ons was in Istanbul vir ‘n konferensie vir
‘n week lank. Baie interessant met swendelaars waar jy kyk! Sal binnekort
fotos plaas. 15/4/2000: Ons het vir ‘n
naweek na Praag gegaan vir werk en bly toe byna ‘n maand daar! Hard gewerk
maar baie gedoen. Kyk bl. 4 van ons foto album. |
|
Stuur vir ons email by een van die
volgende adresse. Ons hoor graag hoe gaan dit met julle.
Anton, Mandi,
Samuel en Snoekie